Uutoni sê behuising moet aan elke inkomstegroep verskaf word

Dit is noodsaaklik dat elke inkomstekategorie voorsien word van behuising wat ooreenstem met sy finansiële posisie om te verseker dat elke Namibiër ordentlike behuising kry. Dit is die mening van Erastus Uutoni, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling. Volgens Uutoni erken die regering almal se reg op ‘n voldoende lewenstandaard, insluitend voldoende behuising, en die verskaffing van basiese infrastruktuur en dienste. Hy sê dit bly een van die topprioriteite op alle regeringsvlakke, insluitend sentrale, streeks- en plaaslike vlakke. Maar, hy het egter erken dat die regering as gevolg van sogenaamde mededingende prioriteite nie in staat is om alleen huise te voorsien nie. Hy voer aan dat die ondersteuning van belanghebbendes binne die sektor is uiters belangrik om doelwitte te bereik.