Sooliman sê ontruiming van SA-burgers uit Sudan is chaoties
Agt-en-dertig Suid-Afrikaners wat vir tien dae in Sudan vasgekeer was, is uiteindelik per bus ver op pad na die Egiptiese grens. Verskeie Suid-Afrikaners het letterlik die bus gemis weens kommunikasieprobleme en gevaar . Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, wat die SA regering help om die ontruiming te reël, sê nog vervoer is gereël om die oorblywende burgers te ontruim.