Padveiligheid onder die loep op Otji

Die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, sê praktiese, konstruktiewe en analitiese besprekings moet plaasvind om oplossings te vind om padveiligheids-probleme op nasionale paaie te takel. Die agtste konferensie vir die Nasionale Padveiligheidsraad vind op Otjiwarongo plaas en word bygewoon deur meer as 100 amptenare van die Namibiese polisiemag se verkeersdepartement, die Padowerheid, staatsamptenare en uitvoerende beamptes van die Motorvoertuig-ongelukkefonds en die Padfonds-administrasie. Die drie daagse jaarlikse konferensie is daarop gemik is om die padveiligheids-uitdagings wat in die land ervaar word, te hersien en uit te lig.