Jurie word vandag vir Trump-verkragtingsaak gekies
Die aanwysing van die jurie vir oudpresident Donald Trump van Amerika se siviele verkragting- en lastersaak begin vandag in ‘n Manhattan-hof. Hy word beskuldig dat hy die skrywer en gewese rubriekskrywer, E. Jean Carroll, drie dekades gelede in ‘n New Yorkse afdelingswinkel verkrag het. Trump het Carroll se bewerings herhaaldelik ontken en haar ‘n leuenaar genoem. Die verhoor kom terwyl die voormalige president reeds strafregtelike klagte in die gesig staar oor die betaling van swyggeld aan die porno-ster, Stormy Daniels.