Groot dagga-vonds op Rundu, en 1 ietermagô-vel

Twee mans en ‘n vrou is op Rundu vir die besit van dagga in hegtenis geneem. Adjunk-kommissaris Eino Nambahu, die waarnemende streekbevelvoerder in die Kavango Oos-streek sê die drie is naby ‘n bekende lodge betrap met dagga in twee 20liter houers. Die waarde van die dwelms moet nog bepaal word. By dieselfde lodge is ‘n man ook aangekeer in besig van ‘n ietermagô-vel wat hy probeer verkoop het. Die man is in hegtenis geneem. Beide ondersoeke duur voort en dit is nie bekend wanneer die verdagtes in die hof sal verskyn nie.