Vrou skiet ander vrou, en poog ook om kêrel te skietApril 24, 2023
‘n Namibiese vrou verskyn vandag in die landdroshof op Okahandja, nadat sy volgens die Namibiese polisie ‘n 46-jarige Namibiese vrou, Riska Gamatham met ‘n .22-jaggeweer in die linkerskouer geskiet het. Die voorval het op die op plot Omeb plaasgevind. Na bewering het die 30-jarige verdagte die vuurwapen van die buurplaas gesteel. Sy wou glo ook die slagoffer se kêrel skiet, maar ‘n getuie het haar van agter gegryp en die skoot het in die lug afgegaan. Die slagoffer is met ‘n ambulans na die hospitaal vervoer nadat hy deur mediese personeel op die toneel behandel is. ‘n Saak van versuim om die vuurwapen in ‘n kluis toe te sluit, is ook teen die 71-jarige Namibiese buurman, die eienaar van die vuurwapen, aanhangig gemaak.