Uganda se koffie-uitvoere vebeter op beter boonprys

Uganda se koffie-uitvoere het in Maart gestyg in vergelyking met ‘n jaar tevore met ‘n totaal van 487 797, 60-kilogram-sakke koffie wat verskeep is, 2 persent meer vergeleke met die vorige jaar. Die styging is aangedryf deur uitvoerders wat groter volumes voorraad uit pakhuise vrygestel het as gevolg van gunstige boonpryse. Die Oos-Afrika-land is Afrika se grootste koffie-uitvoerder gevolg deur Ethiopië, en verbou hoofsaaklik die robusta-verskeidenheid van die gewas.