Tsumeb-inwoners moet water berg, en spaarsamig gebruik

Die Tsumeb-munisipaliteit herinner inwoners daaraan dat groot instandhoudingswerk aan die dorp se hoofwaterreservoir, die Tupperwaredam, begin het. Die werk sal na verwagting tot einde Junie voortduur en kan lae watertoevoer en druk na verskeie gebiede veroorsaak. Die munisipaliteit raai inwoners aan om water as ‘n voorsorgmaatreël op te berg en spaarsamig te gebruik gedurende hierdie tydperk. Stella Imalwa-Nangolo, dorpswoordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.