Ryspryse styg, Namibië en SA is beide netto invoerdersApril 24, 2023
Na ‘n jaar van algemeen gedempte wêreldwye ryspryse, het 2023 begin met ‘n merkbare styging in pryse. Aangesien Suid-Afrika, en Namibië, ‘n netto invoerder van rys is, hou die wêreldwye styging in pryse opwaartse risiko’s vir voedselprys-inflasie in. Die Internasionale Graanraad voorspel Suid-Afrika se 2023-rysinvoer op 1,1 miljoen ton. Uiteindelik sal rys-invoerlande soos Suid-Afrika, en Namibië vanjaar ‘n omgewing van relatief hoë pryse in die gesig staar vergeleke met 2022. Kosmos 94.1 Nuus het met Wandile Sihlobo, Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, gepraat oor die prys-impak hier en in die buurland.