Premier nie in ongeluk beseer nie, talle vrae oor insidentApril 24, 2023

Eerste Minister Saara Kuugongwela-Amadhila was in ‘n motorongeluk waarby drie voertuie betrokke was op die B1-pad buite Otjiwarongo. Die premier se amptelike luukse swart Toyota Land Cruiser-sportnutsvoertuig het na bewering twee keer gerol voordat dit tot stilstand gekom het. Die Namibiese polisie se Otjozondjupa-streekbevelvoerder, kommissaris Heinrich Tjiveze, sê die ongeluk het sowat 15 kilometer suid van Otjiwarongo plaasgevind. Na bewering het haar amptelike voertuig teen die regterkant van ‘n minibus gebots wat vier amptenare van die Verkiesingskommissie van Namibië vervoer het. Drie insittendes is blykbaar ernstig beseer. ‘n Gehuurde bakkie met twee toeriste was ook betrokke in die botsing. Kuugongelwa-Amadhila se kantoor sê sy is nie beseer nie en was drie-uur terug in Windhoek. Ooggetuies het op sosiale media geskryf dat die eerste minister se voertuig uiters vinnig gery het en dat dit in die middel van die pad was. Owerhede het nie enige inligting in die verband verskaf nie en die ondersoek duur voort.