Partye het weer probleme met koalisie in Johannesburg
Alle partye wat voorheen in koalisie met die DA in die Stad Johannesburg was, het ʼn skrywe van die leier van die DA, John Steenhuisen, ontvang. Daarvolgens sal die DA nie deel wees van enige koalisie wat die ANC en EFF môre in Johannesburg uit die kussings lig nie. Volgens ʼn woordvoerder van ActionSA, Michael Beaumont, het die IVP, ACDP en ActionSA die naweek soortgelyke briewe ontvang. Daarvolgens sal die DA nie deel wees ‘n koalisie wat die Patriotic Alliance betrek nie.