Nog ‘n mosie van wantroue teen Jhb-burgemeester, speakerApril 24, 2023
ActionSA in Gauteng sê die Stad Johannesburg se program-komitee het sy mosies van wantroue teen burgemeester, Thapelo Amad en raadspeaker, Colleen Makhubele, aanvaar, en dit sal Woensdag aangehoor word. Die mosies sal in die raad dien ondanks vertragingstaktieke deur die ANC-EFF-koalisie vroeër vandeesweek, toe hulle versuim het om die vergadering van die program-komitee by te woon. Funzi Ngobeni van ActionSA sê dit is ‘n oorwinning vir die inwoners van Johannesburg wat in die verleentheid gestel is deur ‘n onbevoegde marionet-burgemeester, wat deur die Gautengse premier Panyaza Lesufi se ANC en die EFF aangestel is: