Nederlanders, België verlaat Soedan
‘n Militêre vliegtuig van Nederland het vandag talle Nederlanders en burgers van ander lande na veiligheid in Jordanië geneem. Nederland se minister van buitelandse sake, Wopke Hoekstra, sê 60 van sy burgers was op die vliegtuig en nog van sy burgers kon Soedan verlaat op vlugte wat ander lande gereël het. Hy sê nagenoeg 150 Nederlanders het versoek om Soedan te verlaat. België het ook bevestig dat agt van sy burgers Soedan verlaat het, terwyl daar nog sowat 30 Belge steeds in Soedan is.