Militêre besteding bereik rekordhoogtes

Globale militêre besteding het tot verlede jaar tot rekordhoogtes gestyg en het die syfers sedert die einde van die Koue Oorlog 30 jaar gelede verbygesteek. Die Stokholm Intenasionale Vredesnavorsing Instituut sê uitgawes het met 3,7 persent na 2,24 triljoen Amerikaanse dollar gestyg. Volgens die instituut het Rusland se inval in die Oekraïne Europese lande gedwing om hul verdediging te versterk en uitgawes daar het met 13 persent gestyg. Die instituut sê uitgawes sal aanhou styg as gevolg van toenemende spanning. Die Oekraïne se besteding het met 640 persent verlede jaar gestyg sedert syfers in 1949 aangeteken is, en Amerikaanse hulp aan die Oekraïne beslaan 2,3 persent van daardie land se besteding. Rusland se besteding het met 9,2 persent gegroei.