Meerderheid van moorde met gesteelde wapens gepleeg

Die Suid-Afrikaanse misdaad-kenner, Chris de Kock, sê die groot meerderheid van moorde in die land word gepleeg deur die gebruik van wettige vuurwapens wat van wetsgehoorsame inwoners geroof of gesteel is. De Kock sê misdadigers bekom die vuurwapens tydens rooftogte, kapings en ook huis-inbrake wat hulle dan gebruik om nog meer slagoffers te teiken. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…