Medvedev dreig oor graanooreenkoms indien Russiese uitvoere belemmer word

Die voormalige Russiese president, Dmitry Medvedev, het gewaarsku dat indien die G7 besluit om byna alle uitvoere na Rusland te verbied, sal Moskou reageer deur die Swartsee-graanooreenkoms te skrap. Die ooreenkoms wat Oekraïne toelaat om meer as 27-miljoen ton graan deur talle van sy Swartsee-hawens uit te voer, is verlede Julie in Istanboel onderteken. Rusland het gewaarsku dat hy nie sal toelaat dat die ooreenkoms ná 18 Mei voortgaan nie, omdat ‘n lys eise om sy eie graan- en kunsmisuitvoere te fasiliteer nie nagekom is nie.