KZN-premier las ondersoek na skoolvoeding

Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube,  het ‘n volskaalse ondersoek gelas na die bekendstelling van die Nasionale Skoolvoedingsprogram in die provinsie, na aanleiding van berigte van onvoldoende voedselvoorrade by sommige skole. Die ondersoek sal insluit die ondersoek van die voedselverspreidingsmodel en die gehalte van die kos wat aan 5 444 skole verskaf word, wat almal begunstigdes van die voedingskema is. Die premier se woordvoerder, Bongi Gwala sê die programtoelaag-toekenning vir die 2023/24-boekjaar beloop 2,1 miljard Suid-Arikaanse rand, wat die regering se verbintenis toon om te verseker dat kinders in skole nie honger ly nie: