Eskom: Moeilike winter lê vir SA voor
Eskom se tussentydse uitvoerende hoof, Calib Cassim, sê Suid-Afrikaners kan ‘n moeilike winter verwag namate die energiekrisis versleg. Hy het gepraat by die Nasionale Vraagbestuurs-indaba wat tans in Muldersdrift, Gauteng, plaasvind. Die indaba word deur die Presidensiële Nasionale Energie-krisiskomitee aangebied. Cassim het esê die hoofdoelwit is die bestendigheid van die netwerk. Hy het ook gesê die indaba is belangrik om die kapasiteit van vraag en aanbod te balanseer.