Egipte stuur weer dokters vir gratis dienste

Egiptiese dokters besoek Namibië vir die agtste jaar om gratis mediese dienste aan plaaslike gemeenskappe te bied. Die groep spesialiste sal in samewerking met die Namibiese gesondheidsministerie verskeie skole en nie-regeringsorganisasies besoek. Hulle sal verskeie mediese dienste, kos en ander dienste aan gemeenskappe bied. Hulle sal begin met ‘n gratis veldtog om pasiënte met chroniese gewrigspyn en chroniese rugpyn te behandel. Die veldtog begin vandag en duur tot Vrydag by die Katutura-staatshospitaal. Woordvoerder van die ministerie Walters Kamaya, het meer besonderhede…