Ed Sheeran vandag in hof oor kopiereg

Die kopiereg-verhoor van die Britse popster Ed Sheeran sal vandag in die federale hof in Manhattan in Amerika begin oor bewerings dat hy ‘n deel van die winste van sy treffer “Thinking Out Loud” skuld. Die kopieregstryd handel oor sekere dele van Marvin Gaye se “Let’s Get It On”. Sheeran het verlede jaar ‘n kopieregstryd in die Britse hooggeregshof gewen oor sy 2017-treffer “Shape of You”.