Duisende werksgeleenthede, miljoene se besparings as spoor in Wes-Kaap hervatApril 24, 2023

‘n Doeltreffende passasier-treindiens sal laerinkomste-huishoudings jaarliks tot 932 miljoen Suid-Afrikaanse rand spaar en 51 493 regstreekse en onregstreekse werksgeleenthede verseker. Dit is volgens die Stad Kaapstad se spoor-uitvoerbaarheidstudie. Die doel van die studie is om die stad te lei om die bestuur van die passasiertreindiens by die Passasierspooragentskap, Prasa, oor te neem en die betrokke risiko’s te identifiseer. Rob Quintas van die stad sê ‘n werkende passasiertreinstelsel sal ‘n betekenisvolle bydrae lewer tot Kaapstad se ekonomiese groei: