Bitcoin kan in 2024 US$100 000 bereik
Bitcoin kan teen die einde van volgende jaar 100 000 Amerikaanse dollar bereik. Dit is volgens Standard Chartered wat sê dat die sogenaamde “kripto-winter” verby is. Bitcoin kan baat vind by faktore soos die onlangse onrus in die banksektor en ‘n stabilisering van risikobates namate die Amerikaanse Federale Reserweraad sy koersverhogingsiklus beëindig. Bitcoin het tot dusver vanjaar goed vertoon en in April vir die eerste keer in tien maande bo 30 000 dollar gestyg. Dit verteenwoordig ‘n gedeeltelike herstel nadat triljoene dollar in 2022 in die sektor verlore is.