ANC wil koalisie-regulasies instel

Die ANC se hoof van politieke opvoeding, David Makhura, sê hulle oorweeg dit om voor volgende jaar se nasionale verkiesing wetgewing in te stel om koalisieregerings te beheer. Hy het die naweek tydens die party se vergadering van die nasionale uitvoerende komitee ‘n strategiese raamwerk vir koalisies voorgestel. Die besluit om haalbare koalisiemodelle te oorweeg, is verlede jaar by die ANC se 55ste nasionale konferensie by Nasrec geneem. Makhura sê van die voorstelle sluit in dat die aantal mosies van wantroue wat binne ‘n sekere tydperk ingedien mag word, beperk word: