ANC moet die Eskom-geld terugbetaal
Die DA maan President Cyril Ramaphosa en die ANC om ‘n bedrag van 202 000 Suid-Afrikaanse rand terug te betaal wat hulle ontvang het, wat eintlik aan die mense van Suid-Afrika behoort. Die oproep volg op die onthulling deur die Nasionale Vervolgingsgesag dat die ANC die geld van ‘n Eskom-subkontrakteur ontvang het. Die subkontrakteur het na bewering die kragvoorsiener ingedoen. Samantha Graham-Maré van die DA sê die bewering is dat die ANC die kontantbetaling van Eskom-subkontrakteur Impulse Supertrans ontvang het: