VN-hoof bekommerd oor aardverwarming

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, doen ‘n beroep op ernstiger, vinniger uitlatings-beperkings om die wêreldwye temperatuurstyging te beperk tot 1,5 grade Celsius. Hy vra ook reuse-verhogings in beleggings in aanpassing en veerkragtigheid, veral in die mees kwesbare lande en gemeenskappe wat die minste gedoen het om die krisis te veroorsaak. Guterres sê nuwe inligting van die Wêreld-Meteorologiese Organisasie toon temperature regoor die wêreld styg steeds. Dit het die jare tussen 2015 en 2022 die agtste warmste gemaak vandat dit van 1850 af gereeld nagegaan is.