Uutoni kritiseer waarnemende uitvoerende hoofde van plaaslike owerhede

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni het gesê dat hy nie begryp hoe plaaslike owerhede hul sake suksesvol kan bestuur met ‘n tussentydse hoof uitvoerende beampte wat in daardie hoedanigheid vir twee of meer jaar optree nie. Uutoni is van mening dat slegs wanneer die leiers strategies geplaas is, dienste doeltreffend gelewer kan word. Na bewering het minstens 30 persent van Namibië se plaaslike owerhede ‘n waarnemende uitvoerende hoof, wat vir minstens ‘n jaar in dié hoedanigheid opgetree het, nadat die posbekleër geskors of verwyder is. Volgens Uutoni moet ’n waarnemende uitvoerende hoof gekies word uit hoëvlak-poste, eerder as mense wat nie finansiële state kan lees of begryp hoe ’n begroting lyk nie.