Schlettwein: 160 skole het watergeriewe nodig

Tydens die Covid-pandemie het die Namibiese landbouministerie saam met die onderwysministerie gewerk om meer as 200 skole aan waterbronne regoor die land te verbind. Volgens die landbouminister Calle Schlettwein het hulle onlangs ‘n bykomende lys van meer as 160 skole ontvang wat water benodig. Die skole is meestal in die streke van Kavango-Oos en -Wes, Zambezi, Omusati, Oshikoto, Ohangwena en Kunene geleë. Die ministerie het begin om aan hierdie versoek aandag te gee deur die Namibiese watersektor-ondersteuningsprogram. Schlettwein sê sanitasiegeriewe sal regoor die land by onderskeidelik 56 skole, 15 klinieke en openbare plekke by veeartseny-beheerpunte van Kongola, Mururani, Oshivelo en Werda gebou word.