Rugby: Welwitschias verloor met een punt teen RhinosApril 23, 2023

Rugby: Die  Windhoek Draught Welwitschias het met een punt teen die San Clementine Rhinos in die Mzansi-uitdaagreeks op die Hage Geingob-stadion in Windhoek verloor. Die eindtelling was 25-24 met die Rhinos wat halftyd met 12-10 voorgeloop het. Die franchise-span wat uit Amerikaanse, Mexikaanse en Suid-Afrikaanse spelers bestaan, het drie drieë gedruk terwyl die Welwitschias ook drie drieë gedruk deur linkervleuel JC Greyling, skrumskakel Jacques Theron en regtervleuel Gerswin Mouton.