Rugby: Namibiese onder-20’s klop Zambië
Rugby: Die Namibiese onder20-span het vir Zambië met 20-12 in die Rugby Afrika Barthés-toernooi in hul eerste wedstryd in Nairobi, Kenia, gewen. Die halftyd-telling was 10-3 in Namibië se guns. In die ander wedstryde het Zimbabwe vir Ivoorkus met 55-0 afgeransel, Tunisië vir Madagaskar met 60-15 en Kenia vir Uganda met 44-20. Die beloning vir die wenspan is dat hy deurdring na die Wêreld-rugby onder-20 Trofee-toernooi later vanjaar.