Keniaanse polisie ondersoek steeds kultusgroep ná 21 sterftes
Die polisie in Kenia gaan voort met sy ondersoek na ‘n godsdienstige kultusgroep wat volgelinge glo aangemoedig het om te vas tot hulle sterf. Volgens berigte het die polisie reeds 21 liggame in ‘n bebosde gebied naby die kusdorp, Malindi gevind. Die leier van die Good News internasionale kerk, Paul Mackenzie is verlede maand in hegtenis geneem, toe die liggame van twee kinders gevind is wat weens honger dood is. Hy ontken alle beskuldigings teen hom. Hy is borgtog geweier en bly in aanhouding.