G7-lande vra vir verlenging van Swartsee-graanooreenkoms

Na ‘n vergadering van twee dae in Japan, het die G7-lande gevra vir die verlenging, volle implementering en uitbreiding van ‘n kritieke ooreenkoms oor die uitvoer van graan van Oekraïne deur die Swartsee. Die landbouministers van die G7 sê hulle is sterk ondersteuners van die verlenging van die Swartsee graan-inisiatief. Rusland sê hy sal nie toelaat dat die ooreenkoms na 18 Mei voortgesit word nie omdat daar nie voldoen is aan sy eise vir die fasilitering van sy eie graan- en kunsmis-uitvoere nie. Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, sal die graan-uitvoer-ooreenkoms dié week met die sekretaris-generaal van die VN bespreek.