Amerikaanse diplomate uit Soedan ontruim

Amerikaanse diplomate en hul gesinne is uit Soedan na veiligheid geneem, te midde van gevegte wat dae lank voortduur en reeds die lewens van honderde mense geëis het. Die Amerikaanse President, Joe Biden, sê in ‘n verklaring dat hy trots is op die ambassade-personeel wat suksesvol uit Khartoem geneem is. Hy het ook Ethiopië en Saoedi Arabië bedank vir hul hulp tydens die Amerikaanse operasie. Soedan se sogenaamde “Rapid Forces” sê ses vliegtuie is tydens die sending gebruik en dat hulle die projek gekoördineer het. Brittanje en lede van die Europese Unie probeer ook om hul diplomate en burgers uit Soedan te neem, terwyl die magstryd tussen strydende militêre groepe voortgaan.