Wêreld-Aardedag vandag herdenk

Vandag is Wêreld-Aardedag en ‘n kenner glo die mens kan ‘n beduidende uitwerking op die omgewing hê deur sy gedrag te verander. ʼn Senior dosent in Strategie en Volhoubaarheid aan die Stellenbosse Bestuurskool, Jako Volschenk, glo wêreldburgers moet nie vir iemand wag om klimaatsverandering te beveg nie, maar moet hulle gedrag verander. Hy beklemtoon dis belangrik dat mense verantwoordelikheid vir hul koolstof-voetspoor aanvaar en klein veranderings in hul daaglikse lewens maak wat ‘n beduidende uitwerking op die omgewing kan hê.