Weerdiens: Swaar reënstorms is op pad

Reën-vooruitsigte lyk uitstekend vir Namibië. Volgens ‘n weerwaak van die Meteorologiese Diens word matige tot swaar reënstorms môreaand in die Suidweste verwag. Verdere hewige storms sal Maandag op plekke in die streke van Erongo, Khomas, Hardap en Omaheke voorkom. Die bekende Namibiese weerkenner van Aranos, George van der Merwe is baie opgewonde oor die belowende weerstelsel.