Volksmoord vandag by Lüderitz herdenk

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiersvereniging bied vandag ‘n Volksmoord-herdenkingsdag in Lüderitz by Shark-eiland aan. Shark-eiland was ‘n konsentrasiekamp met ‘n massagraf van slagoffers van teregstelling deur Duitse Schutztruppe tussen 1904 en 1908. Duitsland het amptelik verskoning gevra vir die volksmoord en 1,1 miljard euro oor 30 jaar in die vorm van ontwikkelingsprojekte aan die afstammelinge van geraakte gemeenskappe aangebied, wat deur die meerderheid verwerp is.