Transito-rooftogte styg met 24% in SA

Die Kontant-in-Transitovereniging van Suid-Afrika bevestig dat transito-rooftogte tussen Januarie en Maart met 24 persent toegeneem het vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Woordvoerder Grant Clark sê die hoogste getal voorvalle was in Gauteng met 40 persent van die geheel, gevolg deur die Oos-Kaap met 22 persent, KwaZulu-Natal met 12 persent en Mpumalanga met 10 persent. Slegs drie persent van die rooftogte het in die Wes-Kaap plaasgevind, terwyl die Noord-Kaap nie een aangemeld het nie.