Tennis: Swiatek deur na kwarteind van Stuttgart Ope

Tennis: Die wêreld se nommer een-speler en verdedigende kampioen, Iga Swiatek, het deurgedring na die laaste vier van die Stuttgart Ope nadat sy die 2018-kampioen, Karolina Pliskova met 4-6, 6-1,en  6-2 geklop het. Sy kom nou te staan teen die nommer vier in die wêreld, Ons Jabeur van Tunisië, wat maklik met 6-3, 6-0 klaargespeel het met Beatriz Haddad Maia van Brasilië. Die tweede beste speler in die wêreld, Aryna Sabalenka, het ‘n stel afgestaan en ‘n breekpunt afgeweer in haar stryd teen die Spaanse loslootjie-speler Paula Badosa. Sabalenka is vir die derde agtereenvolgende jaar deur na die halfeindstryd.