Tennis: Djokovic erken hy moet sy sokkies optrek

Tennis: Novak Djokovic erken hy moet aansienlik beter speel voor volgende maand se toernooi by Roland Garros. Hy het ‘n skok-nederlaag in die kwarteindronde in Bosnië en Herzegovina gely teen Dusan Lajovic. Die wêreld se nommer een-speler het met 6-4, 7-6 verloor teen die 70ste speler op die ranglys, nadat hy in die vorige twee kragmetings teen sy Serwiese landgenoot net vier potte afgestaan het. Met Rafael Nadal se gereedheid vir die Franse Open nog onseker en Carlos Alcaraz wat ook nog aan sy spelpeil werk ná ‘n besering, teiken Djokovic ‘n rekord 23ste mans Grand Slam-titel in Parys.