Teenstropings-tegnologie is kwesbaar vir kuber-aanvalle
Nuwe navorsing oor teenstropings-tegnologie het die kwesbaarheid van hommeltuie, kringtelevisie en termiese kameras ten opsigte van kuber-aanvalle beklemtoon. ‘n Meesters-gegradueerde aan die Universiteit Stellenbosch, Christelle Steyn, het met die studie gefokus op stropingstelsels en hul sekerheid. Sy het ‘n hipotetiese netwerk van teen-stropings-tegnologie ondersoek wat in die bewaring van bedreigde spesies gebruik kan word. Volgens Steyn se bevindings behels aanvalle op teenstropings-netwerke die herwinning van data om te verhoed dat dit gemonitor kan word. Sy stel voor daar word gereelde sagteware-bywerkings gedoen en indringer-opsporingstelsels ingestel as beskerming teen bedreigings.