SA ervaar toename in geteikende moorde
Suid-Afrika ondervind tans ‘n oplewing in geteikende moorde wat vir ekonomiese, politieke of persoonlike gewin uitgevoer word. Volgens ‘n verslag deur die Wêreldwye-inisiatief teen trans-nasionale georganiseerde misdaad, is 141 sluipmoorde in 2022 aangeteken. Die moorde is vermoedelik uitgevoer deur die misdaad-onderwêreld, taxibendes en, in sommige gevalle, wetstoepassing. Die verslag sê hoewel dit ‘n relatief klein deel van die 25 000 jaarlikse moorde in Suid-Afrika is, dra geteikende moorde beduidende strategiese en simboliese gewig, ondermyn demokratiese prosesse en skend die regsorde.