Rugby: Haaie klop Cheetahs
Rugby: Die Haaie het die Cheetahs in Bloemfontein met 24-17 geklop ondanks die tuisspan se vasberade terugvegpoging. In Mbombela het die Curriebeker-kampioene, die Pumas, die Westelike Provinsie gisteraand met 25-24 geklop in ‘n opwindende wedstryd wat met drie drieë in die eerste tien minute begin het. Die Pumas het hul posisie boaan die Curriebeker-punteleer gekonsolideer, terwyl die WP in die vierde plek bly. Die Bulle is vanaand gasheer vir die Leeus op Loftus Versfeld in Pretoria, terwyl Griekwas die Griffons môre in Kimberley sal verwelkom.