Ou Monte Christo-pad teen N$381 miljoen opgradeer

Die Peter Nanyemba-pad in die hoofstad, voorheen bekend as die Monte Christo-pad, word tans opgegradeer tot ‘n dubbele rylaan teen ‘n koste van sowat 381 miljoen Namibiese dollar. Volgens die uitvoerende hoof van die Padfonds-administraise, Ali Ipinge, sal die opgradering verkeersligte, straatligte, sypaadjies, ‘n toekomstige busbaan, hervestiging van inwoners en ‘n nuwe mark insluit. Die opgradering word onder die Ongos Valley-ontwikkeling gedoen. Volgens die voorsitter van Ongos Valley, Reagon Graig, sal hierdie opgradering nie net beter toegang tot Ongos Valley verskaf en opeenhoping op die pad vermy nie, maar dit sal ook sosio-ekonomiese ontwikkeling vir gemeenskapslede bevorder. Ongos Valley sal behuising, skole, winkelsentrums en diensstasies, sowel as instellings en besighede insluit.