Oekraïnse aktivis sê Putin moet Brics-beraad virtueel bywoon

Die Oekraïnse aktivis Oleksandra Romantsova sê Suid-Afrika moet die Russiese President Vladimir Putin vra om die komende Brics-spitsberaad in Suid-Afrika virtueel by te woon, eerder as in persoon. Romantsova, wat die uitvoerende direkteur is van Oekraïne se Sentrum vir Burgerlike Vryhede, wat verlede jaar gesamentlik die Nobelprys vir Vrede ontvang het, is deel van ‘n Oekraïnse burgerlike samelewing-afvaardiging wat inligting deel oor die oorlog wat voortwoed, meer as ‘n jaar nadat Rusland Oekraïne binnegeval het. Romantsova het aan ‘n seminaar by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg deelgeneem.