Geen einde aan brandstofsmokkelary uit Angola
Daar blyk geen einde te wees aan die brandstofsmokkelary uit Angola na die noorde van Namibië nie. Tom Alweendo, die minister van myne en energie, het gesê dit het erge gevolge vir brandstof-kleinhandelaars en dit is uitdagend om ‘n oplossing te vind om die onwettige verkoop van brandstof uit Angola te stop. Die Angolese minister van energie het gesê hy sal help om brandstofsmokkelary te bekamp. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die noorde van Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie vererger steeds.