Wagner ontken hy is in Sudan bedrywig

Die Russiese private militêre Wagner-groep ontken dat hy in Soedan bedrywig is en sê hy het niks te doen met gevegte wat op die oomblik in die land woed nie. Westerse diplomate in Khartoem het in Maart vanjaar gesê Wagner was onder meer by onwettige goudmynbou in Sudan betrokke. Sudan ontken die aantygings. Wagner sê sy personeel is langer as twee jaar uit die land uit. Hy voeg by dat maatskappye wat met Wagner-stigter Yevgeny Prigozhin geassosieer word, het geen finansiële belange in Sudan nie. Wagner-huursoldate, wat in die verlede in Mali en die Sentraal-Afrikaanse Republiek ontplooi is, staan tans voor in pogings om die Oos-Oekraïnse stad Bakhmut oor te neem.