Vlugtelinge uit Soedan stroom na Tsjad

Die dodetal in die geweld in Soedan staan op minstens driehonderd, met honderde mense wat beseer is. Groot getalle mense het ook reeds oor die grens na Tsjad gevlug. Die RSF het vanoggend herhaal dat hy gereed is vir ‘n nuwe 72 uur algehele skietstaking. Die weermag het nie daarop reageer nie. Intussen het die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge gesê lande soos Zimbabwe het hom gevra om ook sy burgers uit Soedan na veiligheid te bring. Meer as 40 Suid-Afrikaners bevind hulle tans in Soedan waar die geweld voortwoed.