Vleis is vir teenstropings-eenhede in Etosha
Die omgewingsministerie het sy reaksie gegee oor die bewerings rakende die vleis wat deur personeel in die Etosha Nasionale Park in ‘n bakkie gelaai is. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda het bevestig dat daar niks onwettig is aan die vleis wat in die park vervoer word nie. Hy sê die besending vleis waarna verwys word, is afkomstig van beeste wat verkry is deur befondsing van die Wildprodukte-trustfonds om aan die teenstropings-eenhede binne die park te verskaf. Die ministerie is egter nie gelukkig met die onaanvaarbare wyse waarop die vleis openlik in volle sig van toeriste en besoekers vervoer is nie. Muyunda sê die bestuur van die park sal dit aanspreek.