Tennis: Nadal onttrek aan Madrid-meesterstoernooi

Tennis: Rafael Nadal se soeke na ‘n ongekende 15de Franse Ope-titel het nog ‘n kinkel getref toe hy aan die Madridse Meesters-toernooi in Spanje moes onttrek. Die plaaslike held het in die aanloop tot volgende maand se klei-baan Grand Slam-toernooi reeds die Monte Carlo-meesters en die Barcelona Ope misgeloop. Net die Italiaanse Ope bly vir hom oor om waardevolle speeltyd te kry. Die wenner van 22 Grand Slam-titels kon nie mededingend speel sedert hy tydens die Australiese Ope in Januarie ‘n heupbesering opgedoen het nie.