SA-sterkman haal eindronde in wêreldkompetisie in VSA

Suid-Afrika se Jaco Schoonwinkel is deur na die eindronde van die Wêreld-sterkmankompetisie in Myrtle Beach in die Amerikaanse deelstaat Suid-Carolina. Die kompetisie se doel is om die sterk manne tot hul uiterste te dryf en nie net hul fisieke krag te toets nie, maar ook hul geestelike uithouvermoë. Schoonwinkel se mededingers sluit in die Amerikaners Brian Shaw, Evan Singleton en Trey Mitchell, die Kanadees Mitchell Hooper en Matt Ragg van Australië.