SA se studentehulp in chaos gedompel, R5 miljard verkeerdelik uitbetaalApril 21, 2023
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente in Suid-Afrika sê hy het alles in sy vermoë gedoen om skuiwergate in sy stelsels toe te stop. Dit volg ná ‘n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid, wat onthul 5 miljard Suid-Afrikaanse rand is tussen 2018 en 2021 aan duisende nie-kwalifiserende studente betaal. Die skema se raadsvoorsitter, Ernest Khoza, sê sedertdien is baie werk gedoen om die kwessie op te los rondom studente wat die stelsel bedrieg. Hy sê die verslag weerspieël nie die huidige stand van die organisasie nie: